I Timótheüs Chapter 2

I Timótheüs Chapter 2

1IN die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;
2vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.
3Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,
4wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.
5Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,
6wat Homself gegee het as ’n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,
7waartoe ek aangestel is as ’n prediker en apostel — ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie — ’n leraar van die heidene in geloof en waarheid.
8Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.
9SO ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,
10maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.
11Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.
12Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.
13Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.
14En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
15Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.

I Timótheüs Chapter 1I Timótheüs Chapter 3