Jakobus Chapter 3

Jakobus Chapter 3

1MOENIE baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ’n groter oordeel sal ondergaan.
2Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ’n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.
3Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee.
4Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur ’n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.
5Net so is die tong ook ’n klein lid en beroem hom op groot dinge — kyk hoe ’n groot hoop hout steek ’n klein vuurtjie aan die brand.
6Die tong is ook ’n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ’n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.
7Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur.
8Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ’n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.
9Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.
10Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
11’n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?
12’n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ’n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.
13WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.
14Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.
15Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels;
16want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
17Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
18En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

Jakobus Chapter 2Jakobus Chapter 4