Psalms Chapter 120

Psalms Chapter 120

1’n BEDEVAARTSLIED. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.
2O HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!
3Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?
4Skerp pyle van ’n held saam met gloeiende kole van besembosse.
5Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!
6Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.
7Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.

Psalms Chapter 119Psalms Chapter 121