Psalms Chapter 19

Psalms Chapter 19

1VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
2Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
3Die een dag stort vir die ander ’n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:
4daar is geen spraak en daar is geen woorde nie — onhoorbaar is hulle stem.
5Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ’n tent gemaak;
6en dié is soos ’n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos ’n held om die pad te loop.
7Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.
8Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
9Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.
10Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid — tesame is hulle regverdig.
11Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.
12Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.
13Die afdwalinge — wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.
14Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.
15Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!

Psalms Chapter 18Psalms Chapter 20