1 | VIR die musiekleier; op die wysie van: „Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Gedig, toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak. |
2 | Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders! |
3 | Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed! |
4 | Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o HERE! |
5 | Buiten my skuld hardloop hulle en maak hulle klaar. Ontwaak, my tegemoet, en kyk! |
6 | Ja U, HERE, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela. |
7 | Elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad. |
8 | Kyk, hulle smaal met hul mond; swaarde is op hulle lippe, want — wie sou dit hoor? |
9 | Maar U, o HERE, lag oor hulle; U spot met al die heidene. |
10 | My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting. |
11 | My genadige God sal my tegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien. |
12 | Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild! |
13 | Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel. |
14 | Vernietig hulle in grimmigheid, vernietig hulle, sodat hulle daar nie meer is nie; en laat hulle weet dat God heers in Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela. |
15 | En elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad. |
16 | Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag. |
17 | Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was ’n rotsvesting vir my en ’n toevlug in die dag toe ek benoud was. |
18 | My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God. |