| 1 | ’n LIED. ’n Psalm van Dawid. |
| 2 | My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer. |
| 3 | Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak. |
| 4 | Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies; |
| 5 | want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke. |
| 6 | Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde! |
| 7 | Dat u bemindes gered kan word — verlos deur u regterhand en verhoor ons! |
| 8 | God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. |
| 9 | Gílead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf. |
| 10 | Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filistéa jubel Ek. |
| 11 | Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom? |
| 12 | Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie. |
| 13 | Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite. |
| 14 | In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. |