1 | VAN Dawid. ’n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ’n voetbank vir u voete. |
2 | U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande. |
3 | U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe. |
4 | Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. |
5 | Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn. |
6 | Hy sal ’n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel ’n hoof oor ’n groot land. |
7 | Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal Hy die hoof ophef. |