1 | ’n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. As die HERE nie vir ons was nie — laat Israel dit sê — |
2 | as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie, |
3 | dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het; |
4 | dan het die waters ons oorstroom, ’n stroom het oor ons siel gegaan; |
5 | dan het die trotse waters oor ons siel gegaan. |
6 | Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie! |
7 | Ons siel het vrygeraak soos ’n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak. |
8 | Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. |