| 1 | LOOF die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 2 | Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 3 | Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid — |
| 4 | Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 5 | Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 6 | Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 7 | Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 8 | Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 9 | Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 10 | Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 11 | En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 12 | Met ’n sterk hand en met ’n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 13 | Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 14 | En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 15 | En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 16 | Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 17 | Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 18 | En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 19 | Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 20 | En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 21 | En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 22 | As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 23 | Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 24 | En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 25 | Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 26 | Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |