| 1 | VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Psalm. ’n Lied. |
| 2 | Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela. |
| 3 | Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil. |
| 4 | Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. |
| 5 | Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela. |
| 6 | Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. |
| 7 | Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën. |
| 8 | God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees. |