| 1 | ’n PSALM van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode. |
| 2 | Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela. |
| 3 | Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg. |
| 4 | Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense. |
| 5 | Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel. |
| 6 | Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste — |
| 7 | nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val. |
| 8 | Staan op, o God, oordeel die aarde! Want Ú het erfbesit van al die nasies. |