| 1 | VAN die kinders van Korag. ’n Psalm. ’n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge. |
| 2 | Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob. |
| 3 | Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela. |
| 4 | Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus — hierdie een is daar gebore. |
| 5 | En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand. |
| 6 | Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela. |
| 7 | En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou! |