1 | DIE HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. |
2 | Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U. |
3 | Die riviere, o HERE, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas! |
4 | Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die HERE geweldig in die hoogte! |
5 | U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid pas by u huis, HERE, tot in lengte van dae! |