1 | VIR die musiekleier. ’n Onderwysing van Dawid, |
2 | toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan. |
3 | Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag! |
4 | Jou tong beraam onheil, soos ’n geslypte skeermes, o werker van bedrog! |
5 | Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela. |
6 | Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong! |
7 | So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela. |
8 | En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê: |
9 | Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid! |
10 | Maar ek sal wees soos ’n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd. |
11 | Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote. |