| 1 | ’n PSALM van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! |
| 2 | Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! |
| 3 | Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, |
| 4 | wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, |
| 5 | wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ’n arend. |
| 6 | Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word. |
| 7 | Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade. |
| 8 | Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. |
| 9 | Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie. |
| 10 | Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. |
| 11 | Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. |
| 12 | So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. |
| 13 | Soos ’n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees. |
| 14 | Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is. |
| 15 | Die mens — soos die gras is sy dae; soos ’n blom van die veld, so bloei hy. |
| 16 | As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie. |
| 17 | Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders, |
| 18 | vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen. |
| 19 | Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles. |
| 20 | Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! |
| 21 | Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen! |
| 22 | Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel! |