Psalms Chapter 120
Psalms Chapter 120
| 1 | ’n BEDEVAARTSLIED. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my. |
| 2 | O HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong! |
| 3 | Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong? |
| 4 | Skerp pyle van ’n held saam met gloeiende kole van besembosse. |
| 5 | Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon! |
| 6 | Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat. |
| 7 | Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit. |
| Psalms Chapter 119 | Psalms Chapter 121 |