| 1 | ’n BEDEVAARTSLIED. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel! |
| 2 | Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed! |
| 3 | Jou vrou is soos ’n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel. |
| 4 | Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die HERE vrees. |
| 5 | Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe! |
| 6 | En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel! |