| 1 | ’n BEDEVAARTSLIED. Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af — laat Israel dit sê — |
| 2 | alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie. |
| 3 | Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek. |
| 4 | Die HERE is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap. |
| 5 | Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat. |
| 6 | Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat ’n mens dit uittrek, |
| 7 | waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie. |
| 8 | Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die HERE oor julle! Ons seën julle in die Naam van die HERE. |