Psalms Chapter 146

Psalms Chapter 146

1HALLELUJA! Loof die HERE, o my siel!
2Ek wil die HERE prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is.
3Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.
4Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.
5Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God,
6wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid;
7wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die HERE maak die gevangenes los.
8Die HERE open die oë van die blindes; die HERE rig die wat geboë is, op; die HERE het die regverdiges lief.
9Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom.
10Die HERE is vir ewig Koning; jou God, o Sion, is van geslag tot geslag! Halleluja!

Psalms Chapter 145Psalms Chapter 147