| 1 | WAAROM woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? |
| 2 | Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: |
| 3 | Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! |
| 4 | Hy wat in die hemel woon, lag; die HERE spot met hulle. |
| 5 | Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: |
| 6 | Ék tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. |
| 7 | Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. |
| 8 | Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. |
| 9 | U sal hulle verpletter met ’n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ’n erdepot. |
| 10 | Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! |
| 11 | Dien die HERE met vrees, en juig met bewing. |
| 12 | Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil! |