| 1 | VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Psalm van Dawid. |
| 2 | As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed! |
| 3 | O Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela. |
| 4 | Weet tog dat die HERE vir Hom ’n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep. |
| 5 | Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela. |
| 6 | Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE. |
| 7 | Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE! |
| 8 | Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is. |
| 9 | Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon. |