1 | DOEN aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen ’n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg! |
2 | Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyand se verdrukking? |
3 | Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge, |
4 | dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God! |
5 | Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God! |