| 1 | VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid. |
| 2 | Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand. |
| 3 | Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid; |
| 4 | wat hulle tong skerp maak soos ’n swaard, hulle pyl rig — bitter woorde! — |
| 5 | om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie. |
| 6 | ’n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien? |
| 7 | Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! ’n Fyn uitgedinkte plan! Ja, ’n man se binneste en onpeilbare hart! |
| 8 | Maar God tref hulle met ’n pyl, skielik is hulle wonde daar. |
| 9 | En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof. |
| 10 | En alle mense vrees en verkondig die werk van God en gee ag op wat Hy doen. |
| 11 | Die regverdige sal bly wees in die HERE en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem. |