1 | ’n PSALM van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. |
2 | O God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ’n dor en uitgedroogde land, sonder water. |
3 | Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien. |
4 | Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys. |
5 | Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef. |
6 | Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe |
7 | as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins. |
8 | Want U was ’n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel. |
9 | My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my. |
10 | Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde. |
11 | Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word. |
12 | Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word. |