| 1 | VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer. |
| 2 | o God, maak tog gou om my te red, o HERE, om my te help! |
| 3 | Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom. |
| 4 | Laat hulle wat sê: Ha, ha! teruggaan vanweë hul beskaming. |
| 5 | Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God! |
| 6 | Maar ek is ellendig en behoeftig: O God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie! |