| 1 | DIE HERE is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees! |
| 2 | Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon. |
| 3 | ’n Vuur gaan voor sy aangesig uit en steek sy teëstanders rondom aan die brand. |
| 4 | Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe. |
| 5 | Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die HERE van die hele aarde. |
| 6 | Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy heerlikheid. |
| 7 | Beskaamd staan almal wat die beelde dien, wat hulle op afgode beroem; al die gode buig hulle voor Hom neer. |
| 8 | Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE! |
| 9 | Want U, HERE, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode. |
| 10 | O Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose. |
| 11 | Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart. |
| 12 | O Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof sy heilige gedenknaam! |