Nehemía Chapter 7

Nehemía Chapter 7

1EN toe die muur gebou was, het ek die deure ingesit, en die poortwagters en die sangers en die Leviete is aangestel.
2En ek het my broer Hanáni en Hanánja, die owerste van die vesting, oor Jerusalem aangestel — want hy was ’n getroue man en godvresend bo baie —
3en ek het vir hulle gesê: Die poorte van Jerusalem mag nie oopgemaak word voordat die son warm is nie; en terwyl hulle nog op wag staan, moet die deure toegesluit word, en julle moet dit dig grendel; en julle moet van die inwoners van Jerusalem wagte uitsit, elkeen op sy pos en elkeen teenoor sy huis.
4En die stad was wyd uitgestrek en groot, maar die mense daarin was min, en die huise was nie opgebou nie.
5Toe het my God in my hart gegee dat ek die edeles en die leiers en die volk bymekaar laat kom het om ’n geslagslys aan te lê; en ek het die geslagslys gekry van die wat eerste opgetrek het, en daarin geskrywe gevind:
6Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het, en teruggekom het na Jerusalem en Juda, elkeen na sy stad;
7wat saam met Serubbábel, Jésua, Nehemía, Asárja, Raämja, Nahamáni, Mórdegai, Bilsan, Mispéret, Bigwai, Nehum, Baäna gekom het; die getal manne van die volk van Israel was:
8die kinders van Parhos, tweeduisend-eenhonderd-twee-en-sewentig;
9die kinders van Sefátja, driehonderd-twee-en-sewentig;
10die kinders van Arag, seshonderd-twee-en-vyftig;
11die kinders van Pahat-Moab, van die kinders van Jésua en Joab, tweeduisend-agthonderd-en- agttien;
12die kinders van Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;
13kinders van Sattu, agthonderd-vyf-en-veertig;
14die kinders van Sakkai, sewehonderd-en-sestig;
15die kinders van Bínnuï, seshonderd- agt-en-veertig;
16die kinders van Bébai, seshonderd-agt-en-twintig;
17die kinders van Asgad, tweeduisend-driehonderd-twee-en-twintig;
18die kinders van Adoníkam, seshonderd-sewe-en-sestig;
19die kinders van Bigwai, tweeduisend-sewe-en-sestig;
20die kinders van Adin, seshonderd-vyf-en-vyftig;
21die kinders van Ater, van Hiskía, agt-en-negentig;
22die kinders van Hasum, driehonderd-agt-en-twintig;
23die kinders van Bésai, driehonderd-vier-en-twintig;
24die kinders van Harif, honderd-en-twaalf;
25die kinders van Gíbeon, vyf-en-negentig;
26die manne van Betlehem en Netófa, honderd- agt-en-tagtig;
27die manne van Ánatot, honderd-agt-en-twintig;
28die manne van Bet-Asmáwet, twee-en-veertig;
29die manne van Kirjat-Jeárim, Kefíra en Béërot, sewehonderd-drie-en-veertig;
30die manne van Rama en Geba, seshonderd-een-en-twintig;
31die manne van Migmas, honderd-twee-en-twintig;
32die manne van Bet-el en Ai, honderd-drie-en-twintig;
33die manne van die ander Nebo, twee-en-vyftig;
34die kinders van die ander Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;
35die kinders van Harim, driehonderd-en-twintig;
36die kinders van Jérigo, driehonderd-vyf-en-veertig;
37die kinders van Lod, Hadid en Ono, sewehonderd- een-en-twintig;
38die kinders van Sénaä, drieduisend-negehonderd-en-dertig.
39Die priesters: die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, negehonderd-drie-en-sewentig;
40die kinders van Immer, duisend-twee-en-vyftig;
41die kinders van Pasgur, duisend-tweehonderd-sewen-en-veertig;
42die kinders van Harim, duisend-en-sewentien.
43Die Leviete: die kinders van Jésua, van Kádmiël, van die kinders van Hodéwa, vier-en-sewentig.
44Die sangers: die kinders van Asaf, honderd- agt-en-veertig.
45Die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, honderd-agt-en-dertig.
46Die tempelbediendes: die kinders van Siha, die kinders van Hasúfa, die kinders van Tábbaot;
47die kinders van Keros, die kinders van Sia, die kinders van Padon;
48die kinders van Lebána, die kinders van Hágaba, die kinders van Salmai;
49die kinders van Hanan, die kinders van Giddel, die kinders van Gahar;
50die kinders van Reája, die kinders van Resin, die kinders van Nekóda;
51die kinders van Gassam, die kinders van Ussa, die kinders van Paséag;
52die kinders van Bésai, die kinders van die Meüniete, die kinders van die Nefisiete;
53die kinders van Bakbuk, die kinders van Hakúfa, die kinders van Harhur;
54die kinders van Baslut, die kinders van Mehída, die kinders van Harsa;
55die kinders van Barkos, die kinders van Sísera, die kinders van Temag;
56die kinders van Nesíag, die kinders van Hatífa.
57Die kinders van die dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders van Soféret, die kinders van Perída;
58die kinders van Jáäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel;
59die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Amon —
60al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo: driehonderd-twee-en-negentig.
61En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie —
62die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda: seshonderd- twee-en-veertig.
63En van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, ’n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.
64Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.
65En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim.
66Die hele vergadering saam was twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig;
67behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewen-en-dertig. En hulle het tweehonderd-vyf-en-veertig sangers en sangeresse gehad.
68Hulle perde was sewehonderd-ses-en-dertig; hulle muile tweehonderd-vyf-en-veertig;
69kamele, vierhonderd-vyf-en-dertig; esels, sesduisend-sewehonderd-en-twintig.
70En ’n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend dragmes, vyftig komme, vyfhonderd-en-dertig priesterrokke.
71En van die familiehoofde het gegee vir die boufonds: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend-tweehonderd mines.
72En wat die res van die volk gegee het, was: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend mines, en sewen-en-sestig priesterrokke.
73So het dan die priesters en die Leviete en die poortwagters en die sangers en van die volk en die tempelbediendes en die hele Israel in hulle stede gaan woon.

Nehemía Chapter 6Nehemía Chapter 8