| 1 | TOE Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit ’n volk met ’n vreemde taal, |
| 2 | het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied. |
| 3 | Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk. |
| 4 | Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers. |
| 5 | Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? O Jordaan, dat jy agteruitwyk? |
| 6 | O Berge, dat julle rondspring soos ramme? O Heuwels, soos lammers? |
| 7 | Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob, |
| 8 | wat die rots verander het in ’n waterplas, die keisteen in ’n waterfontein! |