1 | ’n PSALM van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. |
2 | Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. |
3 | Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. |
4 | Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. |
5 | U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. |
6 | Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae. |