I Kronieke Chapter 24

I Kronieke Chapter 24

1OOK die seuns van Aäron het hulle afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.
2Maar Nadab en Abíhu het in teenwoordigheid van hulle vader gesterwe, en hulle het geen seuns gehad nie, sodat Eleásar en Ítamar die priesteramp bedien het.
3En Dawid saam met Sadok, uit die seuns van Eleásar, en Ahiméleg, uit die seuns van Ítamar, het hulle volgens hulle amp in hul diens ingedeel.
4Maar toe dit blyk dat die seuns van Eleásar talryker was aan gesinshoofde as die seuns van Ítamar, het hulle dié so ingedeel: vir die seuns van Eleásar sestien familiehoofde en vir die seuns van Ítamar volgens hulle families agt.
5En hulle het hul deur die lot verdeel, die een sowel as die ander; want daar was heilige vorste en vorste van God uit die seuns van Eleásar en onder die seuns van Ítamar.
6En Semája, die seun van Netáneël, die skrywer, uit die Leviete, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning en die vorste en die priester Sadok en Ahiméleg, die seun van Ábjatar, en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete; een familie is uitgeloot vir Eleásar, en telkens weer vir Ítamar.
7En die eerste lot het uitgekom vir Jójarib, die tweede vir Jedája,
8die derde vir Harim, die vierde vir Seórim,
9die vyfde vir Malkía, die sesde vir Míjamin,
10die sewende vir Hakkos, die agtste vir Abía,
11die negende vir Jésua, die tiende vir Segánja,
12die elfde vir Éljasib, die twaalfde vir Jakim,
13die dertiende vir Huppa, die veertiende vir Jesébeab,
14die vyftiende vir Bilga, die sestiende vir Immer,
15die sewentiende vir Hesir, die agttiende vir Happísses,
16die negentiende vir Petágja, die twintigste vir Eségiël,
17die een-en-twintigste vir Jagin, die twee-en-twintigste vir Gamul,
18die drie-en-twintigste vir Delája, die vier-en-twintigste vir Maäsja.
19Dit was hulle ampsorde vir hul diens, om in die huis van die HERE te gaan volgens die verordening deur hul vader Aäron aan hulle, soos die HERE, die God van Israel, hom beveel het.
20WAT die orige seuns van Levi betref, van die seuns van Amram: Súbael; van die seuns van Súbael: Jégdeja.
21Wat Rehábja betref, van die seuns van Rehábja: Jissía, die hoof.
22Van die Jishariete: Selómot; van die seuns van Selómot: Jahat.
23En die seuns van Hebron: Jería, die eerste; Amárja, die tweede; Jahásiël, die derde; Jekámeam, die vierde.
24Die seuns van Ússiël: Miga; van die seuns van Miga: Samir.
25Die broer van Miga was Jissía; van die seuns van Jissía: Sagaría.
26Die seuns van Merári was Magli en Musi; die seuns van sy seun Jaäsía.
27Die seuns van Merári deur sy seun Jaäsía was Soham en Sakkur en Hibri.
28Van Magli: Eleásar; dié het geen seuns gehad nie.
29Wat Kis betref, die seuns van Kis was Jerágmeël.
30En die seuns van Musi was Magli en Eder en Jérimot. Dit was die seuns van die Leviete volgens hulle families.
31En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahiméleg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.

I Kronieke Chapter 23I Kronieke Chapter 25