I Kronieke Chapter 23

I Kronieke Chapter 23

1TOE Dawid oud en afgeleef was, het hy sy seun Salomo koning oor Israel gemaak.
2En hy het al die vorste van Israel en die priesters en die Leviete bymekaar laat kom.
3En die Leviete is getel, van dertig jaar oud en daarbo, en hulle getal was, hoof vir hoof, agt-en-dertigduisend man.
4Van hulle moet vier-en-twintigduisend toesig hou oor die werk in die huis van die HERE en sesduisend opsigters en regters wees;
5en vierduisend poortwagters en vierduisend lofsangers tot eer van die HERE met die instrumente wat ek, het Dawid gesê, gemaak het om lof te sing.
6En Dawid het hulle verdeel in afdelings volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.
7Van die Gersoniete: Láedan en Símeï.
8Die seuns van Láedan was: die hoof Jéhiël en Setam en Joël, drie;
9die seuns van Símeï was: Selómit en Hasíël en Haran, drie; dit was die familiehoofde van Láedan.
10En die seuns van Símeï was: Jahat, Sina en Jehus en Bería; dit was die vier seuns van Símeï.
11En Jahat was die hoof, en Sisa die tweede; maar Jehus en Bería het nie baie kinders gehad nie, sodat hulle saam ’n familie, een klas gevorm het.
12Die seuns van Kehat was: Amram, Jishar, Hebron en Ússiël, vier.
13Die seuns van Amram was Aäron en Moses. En Aäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van die HERE, om Hom te dien en om in sy Naam tot in ewigheid te seën.
14En wat Moses, die man van God, betref, sy seuns is by die stam van Levi gereken.
15Die seuns van Moses was Gersom en Eliëser;
16die seuns van Gersom: Sébuel, die hoof.
17En die seuns van Eliëser was Rehábja, die hoof; en Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van Rehábja het buitengewoon vermeerder;
18die seuns van Jishar: Selómit, die hoof;
19die seuns van Hebron: Jería, die hoof, Amárja, die tweede, Jahásiël, die derde, en Jekámeam, die vierde;
20die seuns van Ússiël: Miga, die hoof, en Jissía, die tweede;
21die seuns van Merári: Magli en Musi; die seuns van Magli: Eleásar en Kis.
22En Eleásar het gesterwe en geen seuns gehad nie, net dogters; en die seuns van Kis, hulle verwante, het hulle geneem.
23Die seuns van Musi was Magli en Eder en Jéremot, drie.
24Dit was die seuns van Levi volgens hulle families, die familiehoofde, soos hulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die huis van die HERE gedoen het, van twintig jaar oud en daarbo.
25Want Dawid het gesê: Die HERE, die God van Israel, het aan sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid;
26so hoef die Leviete dan ook nie meer die tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens te dra nie.
27(Want volgens die laaste woorde van Dawid was dit die telling van die kinders van Levi: van twintig jaar oud en daarbo.)
28Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van die HERE, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;
29en vir die toonbrode en vir die fynmeel van die spysoffer en vir die ongesuurde platkoeke en vir die bakplaat en vir die deurmekaargeroerde spysoffer en vir al die inhoudsmate en lengtemate;
30en om môre vir môre te staan om die HERE te loof en te prys, en net so saans;
31en vir al die offerwerk van die brandoffers aan die HERE op die sabbatte, op die nuwemane en op die feestye, in getal volgens die verordeninge daarvoor, gedurigdeur voor die aangesig van die HERE.
32So moes hulle dan die diens waarneem van die tent van samekoms en die diens van die heiligdom en die diens tot hulp van die seuns van Aäron, hulle broers, vir die dienswerk in die huis van die HERE.

I Kronieke Chapter 22I Kronieke Chapter 24