I Kronieke Chapter 26

I Kronieke Chapter 26

1WAT die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort Meselémja, die seun van Korē, van die seuns van Ébjasaf.
2En Meselémja het seuns gehad: Sagaría, die eersgeborene, Jedíael, die tweede, Sebádja, die derde, Játniël, die vierde,
3Elam, die vyfde, Jóhanan, die sesde, Eljehóënai, die sewende.
4Obed-Edom het ook seuns gehad: Semája was die eersgeborene, Jósabad die tweede, Joag die derde en Sagar die vierde en Netáneël die vyfde,
5Ámmiël die sesde, Íssaskar die sewende, Peülletai die agtste; want God het hom geseën.
6Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper helde.
7Die seuns van Semája was Otni en Réfael en Obed, Élsabad; sy broers, flukse manne: Elíhu en Semágja.
8Hulle almal was uit die seuns van Obed-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens; twee-en-sestig van Obed-Edom.
9Meselémja het ook seuns en broers gehad, flukse manne, agttien.
10En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.
11Hilkía was die tweede, Tebálja die derde, Sagaría die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.
12Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die HERE.
13En hulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort.
14En die lot vir die ooste het op Selémja geval; ook vir sy seun Sagaría, wat ’n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde;
15op Obed-Edom vir die suide; en op sy seuns vir die huis van die voorrade;
16op Suppim en op Hosa vir die weste by die poort Salléget aan die grootpad wat opdraand loop, wag naas wag.
17Vir die ooste was ses Leviete; vir die noorde daagliks vier; vir die suide daagliks vier; maar by die huis van die voorrade telkens twee.
18By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel.
19Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Merári.
20EN die Leviete, hulle broers, oor die skatte van die huis van God en oor die skatte van die heilige gawes was:
21die seuns van Láedan, die seuns van die Gersoniet Láedan, die familiehoofde van Láedan, die Gersoniet: Jehiëli;
22die seuns van Jehiëli: Setam en Joël, sy broer, was oor die skatte van die huis van die HERE.
23Wat die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete, die Ussiëliete betref,
24Sébuel, die seun van Gersom, die seun van Moses, was owerste oor die skatte.
25En wat sy broers, van Eliëser afkomstig, betref, sy seun was Rehábja, en sy seun Jesaja, en sy seun Joram, en sy seun Sigri, en sy seun Selómot.
26Hierdie Selómot en sy broers was oor al die skatte van die heilige gawes wat koning Dawid en die familiehoofde, en die owerstes oor duisend en oor honderd en die leërowerstes, geheilig het —
27van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van die HERE daarmee uit te rus —
28ook alles wat die siener Samuel geheilig het, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Serúja — wie ook al iets geheilig het, was onder bewaring van Selómot en sy broers.
29VAN die Jishariete was Kenánja en sy seuns opsigters en regters oor Israel vir die uitwendige sake;
30van die Hebroniete het Hasábja en sy broers, dapper manne, duisend-sewehonderd, die opsig gehad oor Israel, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van die HERE en vir die diens van die koning.
31Van die Hebroniete was Jería die hoof — daar is na die Hebroniete volgens hulle afstamming, volgens families, ’n ondersoek ingestel in die veertigste jaar van die koningskap van Dawid, en daar is onder hulle dapper helde gevind in Jaéser in Gílead —
32en sy broers, dapper manne, tweeduisend-sewehonderd familiehoofde; en koning Dawid het hulle aangestel oor die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van die Manassiete vir enige saak van God en enige saak van die koning.

I Kronieke Chapter 25I Kronieke Chapter 27