II Kronieke Chapter 27

II Kronieke Chapter 27

1JOTAM was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerúsa, die dogter van Sadok.
2En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Ussía gedoen het; alleenlik het hy nie in die tempel van die HERE ingegaan nie; en die volk het nog verderflik gehandel.
3Hy het die Boonste Poort van die huis van die HERE gebou, en aan die muur van die Heuwel het hy baie gebou.
4Verder het hy stede gebou op die gebergte van Juda, en in die bosse het hy forte en torings gebou.
5Ook het hy oorlog gevoer teen die koning van die kinders van Ammon en hulle oorwin, sodat die kinders van Ammon hom in dié jaar honderd talente silwer en tienduisend kor koring en tienduisend kor gars gegee het; dit het die kinders van Ammon vir hom ook in die tweede en derde jaar gelewer.
6En Jotam het magtig geword, want hy het sy weë gerig voor die aangesig van die HERE sy God.
7En die verdere geskiedenis van Jotam en al sy oorloë en sy ondernemings, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda.
8Hy was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer.
9En Jotam het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.

II Kronieke Chapter 26II Kronieke Chapter 28