Jeremia Chapter 45

Jeremia Chapter 45

1DIE woord wat die profeet Jeremia aan Barug, die seun van Nería, meegedeel het toe hy hierdie woorde uit die mond van Jeremia in ’n boek geskrywe het, in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda:
2So spreek die HERE, die God van Israel, aangaande jou, o Barug!
3Jy sê: Wee my tog, want die HERE het kommer aan my smart toegevoeg; ek is moeg van my gesug en vind geen rus nie!
4So moet jy vir hom sê: So spreek die HERE: Kyk, wat Ek gebou het, breek Ek self af; en wat Ek geplant het, ruk Ek self uit; en dit betref die hele aarde.
5En sou jý vir jou groot dinge soek? Soek dit nie; want kyk, Ek bring onheil oor alle vlees, spreek die HERE; maar Ek sal jou siel vir jou as buit gee in al die plekke waarheen jy sal gaan.

Jeremia Chapter 44Jeremia Chapter 46