Josua Chapter 19

Josua Chapter 19

1EN die tweede lot het uitgekom vir Símeon, vir die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte; en hulle erfdeel was in die middel van die erfdeel van die kinders van Juda.
2En hulle het in hulle erfdeel gehad: Beër-Seba en Seba en Mólada,
3en Hasar-Sual en Bala en Esem,
4en Éltolad en Betul en Horma,
5en Siklag en Bet-Hammarkábot en Hasar-Susa,
6en Bet-Lebáot en Sarúhen: dertien stede met hulle dorpe;
7Ajin, Rimmon en Eter en Asan: vier stede met hulle dorpe;
8en al die dorpe wat rondom hierdie stede was, tot by Báälat-Beër, die Rama van die Suidland. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte.
9Uit die aandeel van die kinders van Juda is die erfdeel van die kinders van Símeon, omdat die deel van die kinders van Juda vir hulle te groot was; daarom het die kinders van Símeon geërwe in die middel van húlle erfdeel.
10EN die derde lot het opgekom vir die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte, en die lyn van hulle erfdeel was tot by Sarid.
11En hulle lyn loop op in westelike rigting na Marála en raak aan Dabbéset en aan die spruit wat teenoor Jókneam loop;
12en van Sarid af swaai dit na die oostekant, teen sonop, na die gebied van Kislot-Tabor, en loop aan na Dáberat en loop op na Jáfia;
13en daarvandaan loop dit oor na die ooste teen sonop, na Gat-Hefer, na Et-Kasin, en loop aan na Rimmon wat hom na Nea toe uitstrek;
14dan swaai die lyn noord daaromheen na Hannáton en loop dood by die dal Jiftag-El;
15en Kattat en Náhalal en Simron en Jídeala en Betlehem: twaalf stede met hulle dorpe.
16Dit was die erfdeel van die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.
17VIR Íssaskar het die vierde lot uitgekom, vir die kinders van Íssaskar volgens hulle geslagte;
18en hulle grondgebied was na Jísreël toe en Kesúllot en Sunem,
19en Hafaráim en Sion en Anagárat,
20en Rabbit en Kisjon en Ebes,
21en Remet en En-Gannim en En-Hadda en Bet-Pases;
22en die lyn raak aan Tabor en Sahasíma en Bet-Semes, en hulle gebied loop dood by die Jordaan: sestien stede met hulle dorpe.
23Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Íssaskar volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
24EN die vyfde lot het uitgekom vir die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte;
25en hulle gebied was: Helkat en Hali en Beten en Agsaf,
26en Allamméleg en Amead en Miseal; en raak in die weste aan die Karmel en aan Sihor-Libnat;
27dan draai dit teen sonop na Bet-Dagon en raak aan Sébulon en die dal Jiftag-El in die noorde, Bet-Emek en Nehíël, en loop aan links by Kabul;
28en Ebron en Rehob en Hammon en Kana tot by Groot-Sidon;
29dan draai die lyn na Rama en tot by die vesting Tirus; dan draai die lyn na Hosa en loop dood by die see, van die landstreek af wat na Agsib toe lê;
30en Umma en Afek en Rehob: twee-en-twintig stede met hulle dorpe.
31Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.
32VIR die kinders van Náftali het die sesde lot uitgekom, vir die kinders van Náftali volgens hulle geslagte;
33en hulle lyn was van Helef, van die eikeboom by Saänánnim af, en Adámi-Nekeb en Jábneël tot by Lakkum, en dit loop dood by die Jordaan;
34dan draai die lyn in westelike rigting na Asnot-Tabor en loop daarvandaan aan na Hukkok en raak in die suide aan Sébulon; en aan Aser raak dit in die weste, en aan Juda aan die Jordaan in die ooste;
35en die versterkte stede: Siddim, Ser en Hammat, Rakkat en Kinnéret,
36en Adama en Rama en Hasor,
37en Kedes en Edréï en En-Hasor,
38en Jireon en Migdal-El, Horem en Bet-Anat en Bet-Semes: negentien stede met hulle dorpe.
39Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Náftali volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
40VIR die stam van die kinders van Dan, volgens hulle geslagte, het die sewende lot uitgekom.
41En die lyn van hulle erfdeel omvat: Sórea en Estáol en Ir-Semes,
42en Saälábbin en Ájalon en Jitla,
43en Elon en Timnáta en Ekron,
44en Élteke en Gíbbeton en Báälat,
45en Jehud en Bené-Berak en Gat-Rimmon,
46en Mé-Jarkon en Rakkon, met die gebied teenoor Jafo.
47Maar die kinders van Dan het hulle grondgebied kwytgeraak; daarom het die kinders van Dan opgetrek en teen Lesem geveg en dit ingeneem en verslaan met die skerpte van die swaard en dit in besit geneem en daarin gewoon; en hulle het Lesem Dan genoem na die naam van hulle vader Dan.
48Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Dan volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.
49TOE hulle die land volgens sy grenslyne as erfenis geheel verdeel het, het die kinders van Israel aan Josua, die seun van Nun, ’n erfdeel onder hulle gegee;
50op bevel van die HERE het hulle hom die stad gegee wat hy gevra het, Timnat-Serag op die gebergte van Efraim; en hy het die stad opgebou en daarin gaan woon.
51Dit is die erfdele wat Eleásar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde aan die stamme van die kinders van Israel as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Silo, voor die aangesig van die HERE, by die ingang van die tent van samekoms; en hulle het die verdeling van die land beëindig.

Josua Chapter 18Josua Chapter 20