Psalms Chapter 20

Psalms Chapter 20

1VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
2Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!
3Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion!
4Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.
5Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!
6Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!
7Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.
8Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die HERE onse God.
9Húlle het inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en ons weer opgerig.
10HERE, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!

Psalms Chapter 19Psalms Chapter 21