Psalms Chapter 124

Psalms Chapter 124

1’n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. As die HERE nie vir ons was nie — laat Israel dit sê —
2as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,
3dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;
4dan het die waters ons oorstroom, ’n stroom het oor ons siel gegaan;
5dan het die trotse waters oor ons siel gegaan.
6Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!
7Ons siel het vrygeraak soos ’n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.
8Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

Psalms Chapter 123Psalms Chapter 125