| 1 | ’n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan! |
| 2 | Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem! |
| 3 | Jerusalem wat gebou is soos ’n stad wat goed saamgevoeg is, |
| 4 | waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE — ’n voorskrif vir Israel! — om die Naam van die HERE te loof. |
| 5 | Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid. |
| 6 | Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe! |
| 7 | Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise! |
| 8 | Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou! |
| 9 | Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek. |