Psalms Chapter 126
Psalms Chapter 126
| 1 | ’n BEDEVAARTSLIED. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom. |
| 2 | Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen. |
| 3 | Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly! |
| 4 | O HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland. |
| 5 | Die wat met trane saai, sal met gejubel maai. |
| 6 | Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra. |
| Psalms Chapter 125 | Psalms Chapter 127 |