| 1 | VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Onderwysing van Dawid, |
| 2 | toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie? |
| 3 | O God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag! |
| 4 | O God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond! |
| 5 | Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela. |
| 6 | Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun. |
| 7 | Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou! |
| 8 | Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o HERE, loof, want dié is goed; |
| 9 | want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle op my vyande neergesien. |