1 | ’n ONDERWYSING van Dawid, toe hy in die spelonk was. ’n Gebed. |
2 | Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE. |
3 | Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend. |
4 | As my gees in my versmag, dan ken Ú my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle ’n vangnet vir my gespan. |
5 | Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie. |
6 | Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes. |
7 | Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk. |
8 | Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen. |