| 1 | HALLELUJA! Loof die HERE, o my siel! |
| 2 | Ek wil die HERE prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is. |
| 3 | Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie. |
| 4 | Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan. |
| 5 | Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God, |
| 6 | wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid; |
| 7 | wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die HERE maak die gevangenes los. |
| 8 | Die HERE open die oë van die blindes; die HERE rig die wat geboë is, op; die HERE het die regverdiges lief. |
| 9 | Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom. |
| 10 | Die HERE is vir ewig Koning; jou God, o Sion, is van geslag tot geslag! Halleluja! |