1 | VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Psalm. ’n Lied. |
2 | Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela. |
3 | Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil. |
4 | Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. |
5 | Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela. |
6 | Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. |
7 | Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën. |
8 | God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees. |