1 | HY wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek. |
2 | Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word. |
3 | As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading. |
4 | Die woorde van ’n man se mond is diep waters, ’n stroom wat bruis, ’n fontein van wysheid. |
5 | Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie. |
6 | Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae. |
7 | Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe ’n strik vir sy lewe. |
8 | Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste. |
9 | Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is ’n broer van ’n verwoester. |
10 | Die Naam van die HERE is ’n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut. |
11 | Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos ’n steil muur in sy verbeelding. |
12 | Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf. |
13 | Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit ’n sotheid en ’n skande wees. |
14 | Die gees van ’n man ondersteun hom in sy krankheid; maar ’n verslae gees — wie kan dit opbeur? |
15 | Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis. |
16 | Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes. |
17 | Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë. |
18 | Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar. |
19 | ’n Broer teen wie oortree is, is erger as ’n sterk stad; en geskille is soos die grendel van ’n paleis. |
20 | Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe. |
21 | Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. |
22 | Wie ’n vrou gevind het, het iets goeds gevind en ’n welgevalle van die HERE verkry. |
23 | Die arme spreek smekinge, maar die ryke antwoord harde dinge. |
24 | ’n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ’n vriend wat sterker aanhang as ’n broer. |