1 | HALLELUJA! Alef. Ek wil die HERE loof van ganser harte; Bet. in die kring van die opregtes en in die vergadering. |
2 | Gimel. Die werke van die HERE is groot; Dalet. nagespeur word hulle deur almal wat daar ’n welbehae in het. |
3 | He. Sy dade is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. |
4 | Sajin. Hy het vir sy wonders ’n gedagtenis gestig; Get. die HERE is genadig en barmhartig. |
5 | Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond. |
6 | Kaf. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, Lamed. deur hulle die erfdeel van die heidene te gee. |
7 | Mem. Die werke van sy hande is trou en reg; Noen. al sy bevele is betroubaar. |
8 | Samek. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; Ajin. uitgevoer in trou en opregtheid. |
9 | Pe. Hy het aan sy volk verlossing gestuur; Sade. Hy het sy verbond vir ewig ingestel; Kof. sy Naam is heilig en vreeslik. |
10 | Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het ’n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid. |