1 | HALLELUJA! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat ’n groot welbehae in sy gebooie het. |
2 | Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseën word. |
3 | He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. |
4 | Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as ’n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig. |
5 | Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg. |
6 | Kaf. Want hy sal nooit wankel nie; Lamed. die regverdige sal in ewige gedagtenis wees. |
7 | Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE. |
8 | Samek. Vas is sy hart, hy vrees nie, Ajin. totdat hy op sy teëstanders neersien. |
9 | Pe. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; Sade. sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; Kof. sy horing word verhoog in eer. |
10 | Resj. Die goddelose sien dit en is vererg; Sjin. hy kners met sy tande en smelt weg; Tau. die begeerte van die goddelose mense vergaan. |