1 | ’n BEDEVAARTSLIED. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE! |
2 | Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge. |
3 | As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? |
4 | Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word. |
5 | Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord. |
6 | My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre. |
7 | Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; |
8 | en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede. |