Psalms Chapter 131
Psalms Chapter 131
1 | ’n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. o HERE, my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie. |
2 | Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos ’n gespeende kind by sy moeder, soos ’n gespeende kind is my siel in my. |
3 | Wag op die HERE, o Israel, van nou af tot in ewigheid! |
Psalms Chapter 130 | Psalms Chapter 132 |